Skip to content

GIWUSA eis dat NGV onmiddellik ingestel moet word [KLANK]

# Die nywerheidsvakbond GIWUSA eis dat Nasionale Gesondheidsversekering en ‘n genasionaliseerde gesondheidsorgstelsel onder werkers- en gemeenskapsbeheer onmiddellik ingestel word. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê die algemene huishoudelike opnameverslag toon slegs 15,5-persent van die bevolking het ‘n mediese fonds. Hy sê dit beteken daar bly 84,5-persent oor wat swaar kry weens ‘n openbare gesondheidstelsel wat ineenstort en hospitale en klinieke wat deur te min befondsing sowel as korrupsie en wanbestuur verwoes is:

ENG MametlweonNHI