# Die Appèlhof hoor vandag president Cyril Ramaphosa se aansoek aan teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria waarin die erkenning van koning Misuzulu kaZwelithini as Zoeloe-monarg onwettig verklaar is. Die koning is volgens tradisie in 2022 in die koninklike paleis in Nongoma gekroon. Die beslissing het gevolg ná ‘n regsgeding deur prins Simakade Zulu, wat aangevoer het die benoemingsproses was gebrekkig. Die hof het Ramaphosa ook beveel om ‘n komitee te stig om ondersoek in te stel na die proses.
Appèlhof hoor Ramaphosa se aansoek aan teen uitspraak wat koning Misuzulu se erkenning nietig verklaar