# President Cyril Ramaphosa het ʼn spesiale amptelike kategorie-een-begrafnis aangekondig vir die ANC-veteraan, wyle Gertrude Shope. Sy is verlede Donderdag op 99-jarige leeftyd dood. Sy het as 29-jarige by die ANC aangesluit en was ook die party se Vroueliga-president. Haar begrafnis vind Saterdag plaas en die seremonie sal militêre eerbewyse insluit. Ramaphosa het opdrag gegee die landsvlag moet van vandag af tot die aand van die begrafnis landwyd halfstok hang.
Ramaphosa kondig spesiale amptelike begrafnis aan vir ANC-veteraan Gertrude Shope