# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het hulde gebring aan die akteur Presley Chweneyagae en hom beskryf as een van Suid-Afrika se kragtigste kreatiewe stemme. Die 40-jarige, wat in die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse film, Tsotsi, gespeel het, is Dinsdagoggend oorlede. Presley is ook aan gehore bekend vir sy rol as Cobra in die gewilde telenovela The River. McKenzie sê Presley was ‘n ware baanbreker en storieverteller wat die siel van ‘n nasie in sy kuns weerspieël het.
Minister McKenzie beskryf Presley Chweneyagae as ‘n ware talent en ‘n baanbreker