# President Cyril Ramaphosa sê dit is kommerwekkend dat sekere mense glo swart ekonomiese bemagtiging striem die ekonomie. Ramaphosa het in sy antwoord op mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering gesê die werklike probleem is dat die meeste eienaarskap in die hande van slegs ‘n paar mense is. Hy het bygevoeg die nalatenskap van apartheid het swart mense van die ekonomie uitgesluit en beleide soos swart ekonomiese bemagtiging het ten doel om die situasie reg te stel: