# Motorverkope van Elon Musk se onderneming, Tesla, het in April met meer as die helfte gedaal terwyl Chinese elektriese motorvervaardigers se aandeel gestyg het. Verkope van elektriese motors het oor die algemeen gestyg in die 27 Europese Unie-lande, maar Tesla se aandeel het skerp gedaal te midde van die kollig op Musk se betrokkenheid by die Amerikaanse president, Donald Trump, en die verouderende reeks. Die Europese Motorvervaardigersvereniging sê Tesla se verkope het in April tot vyf-duisend-475 eenhede gedaal, ‘n afname van 52,6-persent vanaf dieselfde maand verlede jaar.
Tesla-verkope in Europa daal met 52,6% in April