Skip to content

Franse parlementslede stem vandag oor die ‘reg om te sterf’-konsepwet

# Franse parlementslede stem vandag oor ‘n omstrede wetsontwerp oor die reg om te sterf. Dis die eerste stap in ‘n lang parlementêre proses om wettig mediese hulp te verleen aan pasiënte om hulle eie lewens te beëindig in duidelik-gedefinieerde omstandighede. President Emmanuel Macron dring daarop aan dat dit beperk moet word tot mense met ongeneeslike siektes en intense fisiese of sielkundige pyn. As die konsepwet vandag goedgekeur word, sal dit na die Senaat verwys word voordat dit na die Laerhuis terugkeer vir ‘n finale stemming iewers volgende jaar.