Skip to content

Nasionale Vergadering se speaker skenk sanitêre pakkies aan Mfuleni-skoolmeisies

# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, skenk vandag 100 pakkies sanitêre doekies, skoene en skryfbehoeftes aan meisies by die Manzomthombo Secondary School in Mfuleni, Kaapstad. Studies toon meer as ʼn derde Suid-Afrikaanse meisies gaan elke maand ʼn week lank nie skool nie weens ʼn gebrek aan menstruele en higiëneprodukte. Die veldtog is deel van Didiza se uitreikprojekte om kinders en veral meisies in arm gemeenskappe te help wat nie toegang tot sanitêre produkte het nie.