Skip to content

Minister Simelane versoek provinsies om opgradering van informele nedersettings te bespoedig

# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het provinsies aangespoor om die opgradering van informele nedersettings voorrang te gee ná ‘n brand in die Marikana-nedersetting in Boksburg waarin ses mense gesterf het. ‘n Sewe-jarige is gered en met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem. Simelane noem die tragedie ‘n waarskuwing en het planne uitgelig om meer as vier-duisend informele nedersettings teen 2029 op te gradeer en behuisingsprojekte wat gestaak is, te voltooi. Die Noodbehuisingseenheid is ontplooi om te help, aangesien gemeenskappe in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap steeds deur rampe geraak word.