# Die kinderregte-aktivis Siyabonga Nzimande sê kulturele praktyke moet nooit kinders se regte oorheers nie. Dit volg nadat ‘n verslag van die KwaZulu-Natalse LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane, onthul het daar was tussen April verlede jaar en verlede maand sewe-duisend-627 tienerswangerskappe in eThekwini. Dit sluit 154 meisies van tussen tien- en 14-jaar-oud in. Nzimande waarsku teen die gevaar van mishandeling, MIV en onveilige geboortes. Sy het tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika gevra vir dringende gemeenskapsgesprekke en die aanmelding van statutêre verkragtingsake:
Aktivis vra ingryping nadat meer as 7 600 tienerswangerskappe binne ‘n jaar in eThekwini aangeteken is [KLANK]
ENG-NzimandeOnCulture