Skip to content

Openbare druk op Kelly Smith om te sê waar Joslin haar bevind aan vooraand van vonnisoplegging

# Nie-regeringsorganisasies en die publiek vra dat Kelly Smith moet sê waar haar dogter, Joslin, haar tans bevind, voor die vonnisopleggingsproses môre begin in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Die driedaagse proses sluit in betoë en verswarings met die veroordeelde drietal – Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn – wat op hulle lot wag. Hulle is skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Joslin het op 19 Februarie verlede jaar verdwyn, maar daar is geen aanduiding van waar sy is nie. Inwoners eis die swaarste vonnis.