Skip to content

Trump stem in om Europese tariewe van 50% tot 9 Julie uit te stel

# President Donald Trump van Amerika sê hy het ingestem om die 50-persent-tariewe op invoere uit die Europese Unie tot 9 Julie uit te stel. Dit volg ná gister se telefoniese gesprek met die Europese Unie se president, Ursula von der Leyen. Die 50-persent-koers sou volg nadat Trump in April ʼn wederkerige tarief van 20-persent teen die EU gehef het, wat ook uitgestel is. Die EU is een van Amerika se grootste handelsvennote. Von der Leyen sê hulle is gereed om vinnig ʼn handelsooreenkoms met Amerika aan te gaan.