Skip to content

Prins William stuur dokumentêre reeks oor natuurbewaarders van stapel

# Prins William het in samewerking met United for Wildlife, ‘n nuwe baanbreker dokumentêre reeks getiteld Guardians bekendgestel. Die dokumentêr oor ses episodes bied ‘n seldsame blik op die gevaarlike werk van wildbewaarders wat wêreldwyd aan die voorpunt van bewaring staan. Die reeks volg stories van bewaarders wat werk in die Kruger-wildtuin in Suid-Afrika, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Indiese Himalajas, die See van Cortez in Mexiko, Sri Lanka en die inheemse gebied Caru in Brasilië. Ongeveer een-duisend-400 bewaarders het die afgelope dekade gesterf.