# Die raad van die Nasionale Loterykommissie het besluit om teen die uitspraak oor die aanstelling van ‘n nuwe operateur van die Nasionale Lotery te appelleer. Die Hooggeregshof in Pretoria het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, gelas om die suksesvolle aansoeker vir die vierde nasionale loterylisensie teen nie later nie as 28 Mei te bepaal. Dit volg na Tau se besluit om ‘n versoek vir voorstelle vir ‘n tydelike lisensie van 12 maande uit te reik, onwettig verklaar is. Die voorsitter van die NLK, Barney Pityana, sê ‘n nuwe operateur kan nie die bedrywighede binne vyf maande oorneem nie.
Nasionale Loterykommissie gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing oor loterylisensie