# Die SpaceX Dragon keer môre van die Internasionale Ruimtestasie terug aarde toe met meer as drie-duisend- kilogram wetenskaplike proefnemings, hardeware en voorraad. Die ruimtetuig is geskeduleer om vanaand ses-uur van ISS te vertrek na sy sending van 30-dae. Die vrag sluit materiale in wat aan die ruimte blootgestel is, robotika wat ontwerp is om brokstukke in die wentelbaan op te vang en onderdele vir toekomstige ruimtetuie. Die landing sal na verwagting aan die kus van Kalifornië wees. Nasa sal die vertrek regstreeks stroom.
SpaceX Dragon keer môre van ruimtestasie terug aarde toe met wetenskaplike vrag