# Die Amerikaanse dinkskrum, die Stigting vir die Verdediging van Demokrasieë doen ‘n beroep op president Donald Trump vir groter druk op Suid-Afrika om skadelike beleid om te keer. Trump ontmoet president Cyril Ramaphosa vandag in die Withuis. Die stigting sê as Suid-Afrika sy vennootskap met Amerika wil herstel, moet Trump eis dat sleutelbeleid omgekeer word. Dit sluit in dat die land sy volksmoordsaak teen Israel by die Internasionale Geregshof laat vaar en Rusland se inval in Oekraïne in die openbaar veroordeel.
Stigting vir die Verdediging van Demokrasieë doen beroep op Trump om te eis vir omkering van SA-beleid