# Die opvoedingsmaatskappy sonder winsbejag , Protec wat fokus op die ontwikkeling van vaardighede in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, sê dié vaardighede is noodsaaklik om klimaatsverandering te beveg. Die organisasie sê Suid-Afrika het ‘n dringende behoefte aan omgewingswetenskaplikes, ingenieurs, en hernubare energiespesialiste. Die uitvoerende hoof, Balan Moodley, sê die vaardighede sal die jeug help om die land se klimaatsuitdagings aan te pak. Protec doen ‘n beroep vir groter steun vir STEM-onderrig om toekomstige geslagte toe te rus om met volhoubare oplossings vir die land vorendag te kom.
Beroep vir belegging in natuurwetenskaplike vaardighede om klimaatsverandering in SA te beveg