Skip to content

Transnet vol vertroue hy sal sy skuldverpligting kan nakom

# Transnet is vol vertroue dat hy die vereiste finansiering sal kan verkry om sy bedryfsvereistes en skuldverpligting vir die res van die jaar te kan nakom. Die graderingsagentskap Moody’s waarsku die staatsonderneming se geld sal binne drie maande op wees, tensy die regering ingryp met ‘n reddingsboei. Die regering het in Desember 2023 ‘n gewaarborgde fasiliteit van 47-miljard-rand aan Transnet verskaf om aan die gang te bly. Die geld is egter opgebruik. Transnet sê hy sal sy finansiële verpligtings in ooreenstemming met sy finansieringsplan kan nakom.