Skip to content

Sokker: Voormalige Engeland-kaptein Gary Lineker verlaat BBC na sosiale media plasing

# Sokker: Die voormalige Engeland-kaptein Gary Lineker sal aan die einde van die seisoen die BBC verlaat. Die aankondiging volg slegs ’n paar dae nadat hy ’n plasing op sosiale media gedeel het wat antisemitiese beelde bevat. Lineker sou oorspronklik die uitsendings van die 2026 Wêreldbeker en volgende seisoen se FA-beker aanbied. Verlede week het hy ’n Instagram-storie oor Sionisme gedeel wat ’n illustrasie van ’n rot ingesluit het – ’n beeld wat histories as ’n antisemitiese belediging gebruik is. Hy het die plasing later verwyder en onvoorwaardelik verskoning gevra en gesê hy sou nooit doelbewus iets antisemities deel nie.