# Business Leadership South Africa sê dringende hervorming en ‘n geloofwaardige begroting is nodig om die sukkelende ekonomie te red. In haar weeklikse nuusbrief het die uitvoerende hoof Busi Mavuso gesê in vandeesweek se hersiene begroting moet uitgawes balanseer sonder verdere skuld. Mavuso waarsku belastinginkomste is minder en die regering moet minder noodsaaklike programme besnoei om kerndienste te beskerm. Sy verwelkom die graderingsagentskap Standard and Poor se positiewe voorspelling vir Suid-Afrika, maar sê voortgesette hervormings is die sleutel tot beleggersvertroue.
BLSA hoop begroting balanseer fiskale vooruitgang en ondersteun groei