# Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil ’n ondersoek begin na Kamala Harris, sy teenstander in die 2024-verkiesing, oor beroemdes wat haar gesteun het. Hy sê kandidate mag nie betaal vir steunverklarings nie. Hy beweer Harris het dit gedoen onder die dekmantel van betaling vir vermaak. Oprah Winfrey het ’n betaling van 18-miljoen-rand aan haar produksiemaatskappy verdedig deur te sê dit was om kostes te dek vir die onderhoud met Harris. Harris se span het gerugte ontken dat sy Beyoncé 180-miljoen-rand betaal het om by ’n byeenkoms op te tree.
Trump wil Harris ondersoek oor ‘betaling’ aan Oprah en Beyoncé om haar veldtog te ondersteun