# 702 en Primedia se stigter, Issie Kirsh, is die naweek op 90-jarige ouderdom oorlede. Hy en sy seun William het Primedia, een van Suid-Afrika se grootse mediamaatskappye gestig. Primedia se uitvoerende hoof, Jonathan Procter, sê die land moet dankbaar wees teenoor Kirsh en sy familie vir hul ondersteuning van onafhanklike media. Hy sê onafhanklike nuusmedia is vandag belangriker as ooit weens die aanslag van gevestigde belange en ongekontroleerde nuus op onafhanklike joernalisme, wat ʼn hoeksteen van enige suksesvolle demokrasie is.
702- en Primedia-stigter Issie Kirsh sterf