# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het berigte ontken dat sy soldate sonder ondersteuning in Goma, in die Demokratiese Republiek die Kongo gestrand is. Volgens City Press het busse wat ʼn groep Suid-Afrikaners uit Goma moes vervoer, weens ʼn gebrek aan fondse nie opgedaag nie. Die SANW sê die onttrekking van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-afdeling aan die DRK verloop volgens plan en geen lid is gestrand of sonder ondersteuning nie.
SANW ontken berigte dat soldate in DKR gestrand is