Skip to content

Sokker: Suid-Afrika is eerste keer ooit AFCON Onder 20-kampioen

# Sokker: Suid-Afrika het Marokko in Kaïro, Egipte, 1-0 geklop om die eerste keer die Onder 20-Afrika-bekertoernooi te wen. Gomolemo Kekana se doel in die 70ste minuut het Amajita sy heel eerste titel van die vasteland besorg. Suid-Afrika het die toernooi ook afgesluit met belangrike individuele toekennings. Tylon Smith is aangewys as beste speler en Fletcher Lowe as beste doelwagter nadat hy 24 doele in die toernooi afgeweer het. Nigerië is derde nadat hy die gasheer, Egipte, met vier strafdoele teen een verslaan het.