Skip to content

Mashatile lei SA-afvaardiging na Frankryk vir beleggingskonferensie

# Adjunkpresident Paul Mashatile sal van môre tot Saterdag ‘n afvaardiging na Frankryk lei vir die Beleggingskonferensie tussen Suid-Afrika en Frankryk. Die geleentheid is daarop gemik om bilaterale bande te versterk en direkte buitelandse beleggings te lok. Dit word aangebied onder die tema “Suid-Afrika-Frankryk: ‘n Vennootskap vir Wedersydse Voorspoed”, en sal fokus op sleutelsektore soos energie, toerisme en Inligting- en Kommunikasietegnologie. Mashatile sal ook die Franse eerste minister Francois Bayrou ontmoet.