Skip to content

Ramaphosa besoek Amerika volgende week waar hy Trump sal ontmoet

# President Cyril Ramaphosa bring volgende week van Maandag tot Donderdag ʼn besoek aan Amerika. Die presidensie sê Ramaphosa sal sy eweknie, president Donald Trump, Woensdag in die Withuis in Washington besoek om bilaterale, streeks- en wêreldsake van belang te bespreek. Hy sê Ramaphosa se besoek bied ʼn platform om die strategiese verhouding tussen die twee lande te herstel. Die besoek volg nadat 49 wit Afrikaners, die eerste begunstigdes van Trump se omstrede hervestigingsprogram, Maandag in Amerika aangekom het.