# Die Wes-Kaap se regering sê hy is bemoedig deur die jongste kwartaalsyfers van die arbeidsmagopname, wat toon die provinsie het – teen 19,6-persent in die eerste kwartaal van 2025 – steeds die laagste werkloosheidsyfer in Suid-Afrika. Die provinsie se amptelike werkloosheidsyfer is vir die derde agtereenvolgende kwartaal onder 20-persent. Die LUR van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê dit is duidelik dat die regering se benadering tot die groei van die provinsie se ekonomie werk:
Wes-Kaapse regering bemoedig deur provinsie se stabiele werkloosheidskoers [KLANK]
AFR IvanonUnemploymentRate