# AfriForum sê dis tyd dat Suid-Afrika goedkoper mediese fonds-keuses kry. Dit volg op ’n verslag van die Raad op Mediese Skemas oor laekoste-voordele. AfriForum stem saam dat die huidige raamwerk gebreke het, maar vra die instelling daarvan eerder as verdere vertragings. Woordvoerder Louis Boshoff sê 24 jaar se navorsing sonder goedkeuring is onaanvaarbaar. Hy voer aan dat openbare gesondheidsorg en die Nasionale Gesondheidsversekering nie die gaping kan vul nie.
AfriForum vra dringende optrede oor bekostigbare mediese fondse