Skip to content

ActionSA kritiseer RNE oor 8,2-miljoen werklose Suid-Afrikaners [KLANK]

# ActionSA eis dringende beleidshervormings om die verergerende werkloosheidskrisis aan te pak, aangesien meer as 8,2-miljoen mense werkloos is. Die party sê die regering van nasionale eenheid het nie daarin geslaag om beslissend op te tree nie, ondanks die beloftes om die ekonomie om te keer. Alan Beesley van ActionSA sê Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers, wat ‘n uitgebreide werkloosheidsyfer van 43.1-persent aandui, weerspieël swak leierskap. Beesley waarsku die krisis sal vererger tensy daar in die volgende begroting werklike hervormings ingestel word:

ENG BeesleyOnUnemployment