# Werkloosheid in Suid-Afrika het met een persentasiepunt gestyg vanaf die vierde kwartaal verlede jaar tot die eerste kwartaal in 2025. Statistieke SA het aangekondig die Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon ‘n afname van 291-duisend in die getal werkende mense en ‘n toename van 237-duisend in die getal werklose mense. Hierdie veranderings het veroorsaak dat die amptelike werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van 31,9- tot 32,9-persent gestyg het. Die uitgebreide werkloosheidsyfer het met 1,2-persentasiepunte gestyg tot 43,1-persent.
Meer Suid-Afrikaners werkloos nadat koers tot 32,9% styg in eerste kwartaal van 2025