Skip to content

Kaapstad se informele handelaars aangemoedig om te registreer vir handelsplekke op Groenpunt se mark

# Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Ekonomiese Groei moedig informele handelaars aan om te registreer vir beperkte handelsplekke op Groenpunt se mark langs die atletiekstadion. Die direktoraat het meer handelsgeleenthede beskikbaar gestel vir handel op Sondae vanaf volgende maand, onderhewig aan die geleentheidskedule vir die Groenpuntdistrik. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê hulle ondersteun markte omdat hulle werk skep en gee kleinsakeondernemings ‘n hupstoot.