Skip to content

Gautengse LUR vir Finansies verdedig onderbesteding van R1,8-miljard van begroting [KLANK]

# Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê al het die provinsiale regering 1,8-miljard-rand van sy begroting nie bestee nie, kan slegs 85-miljoen-rand moontlik aan Nasionale Tesourie verbeur word. Die provinsiale regering se finale begroting vir die 2024/2025-boekjaar was 168,76-miljard-rand. Teen die jaareinde is 166,97-miljard-rand of 99-persent van die begroting gebruik. Maile sê van die 1,8-miljard-rand wat nie gebruik is nie, was 1,4-miljard-rand van die provinsiale billike aandeel en die res van voorwaardelike toelaes:

ENG MaileOnUnderspending