Skip to content

Klimaatsverandering toon beduidende uitwerking op migrasie van voëls

# Klimaatsverandering beïnvloed die migrasie van voëls en ontwrig hul patrone terwyl dit ekostelsels bedreig. Só sê die natuurlewe-bioloog en raadgewer van die Verenigde Nasies, Francisco Rilla. Rilla sê hoër temperature kan die bedreiging van voedselskaarste teenwerk, wat daartoe lei dat voëls hul migrasieroetes verkort of glad nie na hul oorspronklike habitat terugkeer nie. Rilla sê as trekvoëls begin verdwyn, kan dit landbou en die voedselketting beïnvloed.