# Business Unity South Africa sê ʼn gesamentlike poging is nodig om die land op ʼn volhoubare opwaartse trajek te plaas en resultate te lewer vir ʼn siklus van groei en werksgeleenthede. Die organisasie is deel van president Cyril Ramaphosa se 2023-vennootskap tussen die regering en sakeondernemings. BUSA sê die verbetering van Eskom se prestasie sal ʼn fokuspunt bly terwyl werk by Transnet gemik is op meer uitvoere en beter invordering om werksgeleenthede en die ekonomie te steun.
BUSA sê nog werk is nodig om land in volhoubare opwaartse trajek te plaas