# Eskom sê die kragstelsel bly stabiel en word gerugsteun deur voldoende noodreserwes wat strategies ontplooi word wanneer dit nodig is om tye van hoë aanvraag tydens piektye in die winter te bestuur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die faktor van onbeplande verlies aan opwekkingsvermoë, wat onbeplande onderbrekings meet, was van April tot Donderdag 27,99-persent. Sy sê dit weerspieël ‘n verbetering van 1,2-persent teenoor die 29,15-persent dieselfde tyd verlede jaar:
Eskom sê kragstelsel bly stabiel met volgehoue vermindering in beplande onderbrekings [KLANK]
ENG DaphneonUnplannedOutages