Skip to content

Nuutgeboude militêre hospitaal in Gqeberha word vanjaar in gebruik geneem

# Die Geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Ntshavheni Maphaha, het ‘n strategiese inspeksie voltooi by die nuutgeboude Militêre Basishospitaal in Gqeberha. Hy het die moderne geriewe geprys en die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens se verbintenis herbevestig tot die lewering van omvattende, ontvanklike en billike gesondheidsorg. Maphapa sê die hospitaal is gereed om ‘n spilpunt vir gespesialiseerde mediese dienste in die Oos-Kaap te word en sal later vanjaar jaar amptelik in bedryf gestel word.