# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die voor-vonnisverrigtinge in die Joslin Smith-verhoor tot die 23ste uitgestel vir verdere raadpleging. Die vermiste dogtertjie se ma, Kelly, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn is verlede week skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel nadat die kind verlede jaar uit haar huis in Saldanhabaai verdwyn het. Daar heers steeds onsekerheid of die drie gaan getuig ter versagting van vonnis. Regter Nathan Erasmus sê nuwe inligting mag moontlik tydens die verrigtinge na vore kom:
Joslin Smith voor-vonnisverrigtinge uitgestel vir verdere raadpleging [KLANK]
ENG-ErasmusOnConsultation