# China het belowe om “geregtigheid” te verdedig tydens die komende handelsgesprekke met die Verenigde State. Dit is die eerste ontmoeting sedert Donald Trump omvattende tariewe aangekondig het wat wêreldmarkte geskud het. Sedert Trump in Januarie na die Withuis teruggekeer het, het hy tariewe van altesaam 145-persent op goedere uit China ingestel. Beijing het op sy beurt gereageer met invoerheffings van 125-persent op Amerikaanse produkte. Minister van die Tesourie, Scott Bessent en die Amerikaanse handelsverteenwoordiger Jamieson Greer sal namens die VSA aan die gesprekke in Switserland deelneem.
China belowe om ‘geregtigheid’ in handelsgesprekke met VSA in Switserland te verdedig