Skip to content

EFF vra skrapping van vervaldatums vir ongebruikte voorafbetaalde data en lugtyd

# Die EFF vra dat vervaldatums vir voorafbetaalde selfoondata en lugtyd onmiddellik geskrap moet word en noem dit uitbuitend en ongrondwetlik. Volgens die party sê die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid hy is besig om vervaldatums te hersien en sal binnekort met ‘n proses van openbare verhore begin. Die EFF sê egter die party het nog nie ‘n omvattende uiteensetting ontvang oor wat gedoen moet word om die beperking van die verstryking van voorafbetaalde data en lugtyd te wettig nie.