# Die DA het die Gautengse Groei- en Ontwikkelingsagentskap veroordeel nadat hulle meer as sewe-miljoen-rand aan 37 raadslede betaal het terwyl ses sleutelteikens nie bereik is nie. Die DA-lid, Mike Moriarty, sê dit is verkwistende besteding te midde van stygende werkloosheid. Moriarty het die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, versoek om alle ekonomiese instellings in sy departement te hersien en alle herhalings uit te skakel. Hy sê die party ondersoek moontlike ANC-gekoppelde aanstellings.
DA kritiseer betaling van R7-miljoen aan raadslede van Gautengse Groei- en Ontwikkelingsagentskap