Skip to content

Nywerheidsbesoedeling in Europa daal met tussen 40% en 75%

# Die Europese Omgewingsagentskap sê Europese nywerhede het sedert 2007 die vrystelling van skadelike stowwe in die lug en water met tussen 40- en 75-persent verminder. Daar word egter beraam dat die grootste instellings in die Europese Unie steeds verantwoordelik is vir ongeveer 40-persent van kweekhuisgasvrystellings en verantwoordelik vir 20-persent van alle lug- en waterbesoedelingstowwe. Die EU beoog om koolstofneutraliteit en zero-besoedeling teen 2050 te bereik. Die agentskap sê die EU het die inwerkingstelling van die 33 optredes in die nulbesoedelingsaksieplan afgehandel of bevorder.