# Motorsport: Die 15de Simola-heuwelren in die Wes-Kaap het gisteroggend die lewe geëis van die ervare deelnemer Pieter Joubert wat in ‘n ongeluk dood is. Dit het tydens sy eerste wedren op die tweede dag plaasgevind. Volgens die organiseerders van die geleentheid, Knysna Speed Festival, het Joubert beheer oor sy voertuig verloor op die hoëspoed-opdraandedeel, as gevolg van ‘n vermoedelike meganiese fout. Hy is op die toneel dood verklaar en ‘n volledige ondersoek word ingestel.
Motorsport: Renjaer Pieter Joubert sterf tydens die Simola-heuwelren in Knysna