# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau sê Nigerië se formele indiening van tarieftoegewings onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied sal bilaterale handel bevorder en Wes-Afrika markte vir Suid-Afrikaanse ondernemings oopstel. Park het tydens die SA–Nigerië Privaatsektorsamewerking verwys na geleenthede in elektriese mobiliteit, landbou en groen energie. Hy het handeldiversifisering en digitale samewerking aangemoedig, en beklemtoon dat die Departement gereed is om plaaslike ondernemings in Nigerië te ondersteun. Nigerië is tans Suid-Afrika se grootste uitvoermark in Afrika.
Suid-Afrika voorsien sterker handelsbande met Nigerië