# Die polisie het bevestig dat die wit VW Polo wat uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal is, aan die drie Vrystaatse polisiebeamptes behoort het wat vroeër die week dood is. Konstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het vermis geraak nadat hulle verlede week van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied in Limpopo gereis het. Hul liggame is Dinsdag uit die rivier gehaal. Polisiekommissaris Fannie Masemola sê ‘n deeglike ondersoek sal nou gedoen word:
Voertuig wat in die Hennopsrivier gevind is, het aan die drie oorlede konstabels behoort [KLANK]
ENG MasemolaOnProbe