Skip to content

Israel verklaar nasionale noodtoestand en vra buitelandse hulp oor wegholbrande

# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n nasionale noodtoestand afgekondig en buitelandse hulp gevra weens wegholbrande wat steeds by Jerusalem woed. Beeldmateriaal op sosiale media toon die brande langs die snelweg tussen Jerusalem en Tel Aviv, met digte rook oor die omliggende heuwels. Talle mense het hul motors verlaat en te voet van die vlamme weggevlug. Minstens tien mense is in hospitale opgeneem. Oekraïne het in reaksie op Israel se versoek onderneem om ‘n vliegtuig te stuur vir brandbestryding. Spanje, Frankryk, Roemenië, Kroasië en Italië gaan ook lugsteun verskaf.