Skip to content

EFF vra volledig en deursigtige ondersoek na dood van drie polisiekonstabels

# Die EFF vra ʼn volledige en deursigtige ondersoek na die dood van drie polisiekonstabels, Cebekhulu Linda, Boipelo Senoge, Keamogetswe Buys en burgerlikes. Die party sê die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moet antwoorde verskaf aan die families en die publiek, hy moet sê wat gebeur het en hoekom, en wie moet aanspreeklik gehou word. Die party sê die talle liggame in een rivierstelsel, in ʼn kort tydjie en beperkte geografiese radius, dui op ʼn groter en moontlik gekoördineerde patroon van geweld wat dringende en deeglike ondersoek vereis.