Skip to content

Ramaphosa stel Alistair Ruiters as sy spesiale raadgewer vir beleggingsbevordering aan [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa het die voormalige direkteur-generaal van Handel en Nywerheid, Alistair Ruiters, as sy spesiale raadgewer oor beleggingsbevordering aangestel. Hy het onder meer ‘n Filosofie-graad van Oxford en ‘n BA Honneursgraad van die Universiteit van Kaapstad. Ramaphosa se woordvoeder, Vincent Magwenya, sê die regering stel ‘n omvattende reeks ekonomiese hervormings in wat bedoel is om Suid-Afrika aantrekliker en meer lonend vir plaaslike en internasionale beleggers te maak:

ENG MagwenyaOnRuitersRole