# Die DA sê hy het ʼn ondersteunende beëdigde verklaring by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien oor die BTW-verhoging. Die party sê dis nodig omdat die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte ten spyte van die skrapping steeds op 1 Mei in werking tree, tensy die hof ʼn spesifieke bevel uitreik om dit te keer. Die DA sê die hof moet ʼn spesifieke bevel uitreik om die verhoging te stuit op grond daarvan dat die fiskale raamwerk onregmatig in die Parlement aanvaar is.
DA dien ondersteunende beëdigde verklarings in om BTW-verhoging te stuit