Skip to content

ANC verwelkom duidelikheid oor Bergview College-verkragting

# Die ANC sê hy neem kennis van die Polisieminister, Senzo Mchunu, se openbare verskoning en regstelling betreffende die Bergview College-saak in Matatiele in die Oos-Kaap. Die minister het die skoolhoof, Jaco Pieters, verskoning gevra omdat hy hom as moontlike verdagte betrek het by die saak van ʼn minderjarige kind se verkragting wat nasionale nuus gehaal het. Die ANC sê hy vra steeds geregtigheid vir die slagoffer, dringende en etiese wetstoepassing en ʼn verenigde stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord.