# Een persoon is dood nadat ‘n huis vanoggend in P Section in Umlazi, Durban, ingetuimel het. Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê verskeie beseerdes is in die hospitaal opgeneem. Die woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, het bevestig swaar reën het oorstromings veroorsaak, huise het weggespoel, paaie is gesluit en ongelukke het toegeneem. Hy beklemtoon vloede en infrastruktuurskade is beduidende uitdagings wat dringende optrede sal vereis met die beperkte hulpbronne:
Instorting van huis in Umlazi eis lewens te midde van verwoestende vloede [KLANK]
ENG-SibiyaOnWeather